JUNIOR REKENMEESTER
Residentia is ’n nie-winsgewende organisasie in die versorgings- en aftree-oordbedryf met dertien skemas regoor Suid-Afrika. Ons nooi ’n gekwalifiseerde en ervare Junior Rekenmeester om by ons dinamiese finansiële span aan te sluit.
RESIDENTIA ADMIN BURO (PRETORIA-NOORD)
PLIGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE :
- Voorbereiding en hersiening van finansiële state, balansstate en verslagdoening.
- Bestuur van debiteure, krediteure en bankstate.
- Hantering van maand- en jaar-einde sluitingsprosesse.
- Ontwikkeling en implementering van interne kontroles.
- Bystand met begrotingsvoorbereiding en finansiële beplanning.
- Balansstaat-rekonsiliasies.
- Samewerking met interne en eksterne ouditprosesse.
- Opleiding en ondersteuning van boekhouers en administratiewe personeel.
- Sterk organisatoriese en tydsbestuursvermoëns.
VEREISTES :
Graad of Diploma in Rekenmeesterswese, Finansies of ’n verwante veld.Minimum 3–5 jaar relevante ervaring in ’n finansiële omgewing.Ervaring met boekhoudkundige sagteware (bv. Pastel Partner).Sterk analitiese en probleemoplossingsvaardighede.Uitstekende kommunikasievaardighede, met die vermoë om finansiële inligting duidelik aan nie-finansiële rolspelers oor te dra.AANSOEKPROSES :
Stuur u CV en motiveringsbrief aan Dianri Britz via epos na vir of op 31 Oktober 2025.
Slegs gekwalifiseerde kandidate sal gekontak word vir ’n onderhoud.
Indien u nie binne sewe (7) dae na die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan u u aansoek as onsuksesvol beskou.
#J-18808-Ljbffr