Talent.com
This job offer is not available in your country.
BESTUURDER BEJAARDES TUISTE

BESTUURDER BEJAARDES TUISTE

JustTheJob.co.zaNigel, South Africa
30+ days ago
Job type
  • Permanent
Job description

BESTUURDER TUISTE VIR BEJAARDES NIGEL (SLUITINGSDATUM : 15 AUGUSTUS 2023) Die Tuiste is `n program van Tutela, `n bedieningsaksie van die NG Kerk (Hoëveld Sinode). Aansoeke van gemotiveerde persone met `n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag.Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Beheerraad rapporteer en verantwoordelik wees vir die volgende :

  • Bestuur van die Tuiste om sodoende `n optimale versorginsdiens aan bejaardes te verseker.
  • Bestuur en ontwikkeling van personeel.
  • Bestuur van Lewensreg eenhede en Huurwoonstelle in Aftree Oord.
  • Opstel en bestuur van begrotings en verslae.
  • Batebestuur en instandhouding.
  • Voorraadbeheer.
  • Gehalteversekering.
  • Fondsinsameling.
  • Skakeling met Tutela hoofkantoor, inwoners, beheerraad, gemeenskap, vakbonde en diensverskaffers.
  • Administratiewe pligte.
  • Kandidaat moet in Nigel woonagtig wees of bereid wees om hom of haar in Nigel te vestig.Die ideale kandidaat beskik oor `n naskoolse kwalifikasie, die vermoë om `n span te lei en te motiveer, asook om probleemareas vroegtydig te identifiseer en op te los. Kennis en ervaring van personeel- en finansiële bestuur, arbeidswetgewing, fondswerwing en bemarking asook rekenaarvaardigheid is verdere vereistes. Vorige ervaring van die bestuur van `n Tuiste vir Bejaardes of drie jaar ondervinding in `n Senior Bestuursposisie, sal as sterk aanbeveling dien. Moet oor `n geldige rybewys beskik.Vergoeding : Vergoeding behels `n onderhandelbare salaris asook ruim verlofvoordele.Sluitingsdatum : 15 Augustus 2023 Rig `n volledige CV aan : Voorsitter van Bestuursraad 158 Hendrik Verwoerd StraatNigel 1491 E-pos :