Talent.com
Solidariteit Beweging
Sol-Tech | Lektor: MeulmakerSolidariteit Beweging • Monumentpark, South Africa
Search for other jobs
Sol-Tech | Lektor: Meulmaker

Sol-Tech | Lektor: Meulmaker

Solidariteit Beweging • Monumentpark, South Africa
26 days ago
Job description

Sol-Tech is ʼn private, Christelike en Afrikaanse beroepsopleidingkollege gebaseer in Monumentpark, Pretoria,en verbreed en brei horisonne binne die Elektriese afdeling uit met verskeie ambagte soos Elektries, Meulmaker en Megatronika. Deur ons verbintenis tot uitnemendheid en die nuutste tegnologie, is ons gereed om industriestandaarde te herdefinieer en ons arbeidsmag te bemagtig soos nooit tevore nie. Sluit by ons aan as ‘n Lektor en wees deel van hierdie opwindende reis na ‘n blinker toekoms.

Die doel van hierdie pos is om die beplanning, voorbereiding en aflewering van kurrikulumbelynde onderrig- en opleidingssessies, assessering en studenteadministrasie, deur die implementering van leerprogramme, waar te neem ten einde voorgeskrewe leeruitkomste te bereik. Die posbekleër is verantwoordelik vir die gehalte van onderrig en opleiding in sy of haar aangestelde area van verantwoordelikheid. Insette tot program- en assesseringsontwikkeling, hersiening en verbetering vorm deel van hierdie verantwoordelikheid.

Om hiervoor in aanmerking te kom, benodig aansoekers die volgende:

  • ʼn Rooiseël as Meulmaker asook Wiskunde, Ingenieurswetenskap, Elektrovakteorie en Industriële Elektronika as geslaagde vakke op N3 of ‘n NKR vlak 4 ekwivalente kwalifikasie.
  • ‘n Geslaagde ODETP of OCOTTech sertifikaat op NKR vlak 4 sal in die aansoeker se guns tel.
  • Ten minste drie jaar ondervinding in die bedryf, ná die voltooiing van ʼn Rooiseël.
  • Leergierigheid en 'n passie vir kennis
  • Uitstekende kommunikasievaardighede
  • Toepaslike ondervinding in die MS Office-pakket.

Addisionele Vaardighede en Eienskappe:

  • Hoë energie en ywer
  • Sterk organiseringsvaardighede en inisiatief
  • Goeie tydsbestuur en deursettingsvermoë
  • Vermoë om prioriteite te stel en take effektief te hanteer
  • Uitstekende menseverhoudinge
  • Administratiewe en rekenaarvaardighede

Indien jy belangstel en aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel om aansoek te doen voor of op 6 Oktober 2026.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang het nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.


Create a job alert for this search

Sol-Tech | Lektor: Meulmaker • Monumentpark, South Africa