Talent.com
HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department
PLAASBESTUURDER (KERN- EN STEENVRUGTE)HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department • Wolseley, South Africa
Search for other jobs
PLAASBESTUURDER (KERN- EN STEENVRUGTE)

PLAASBESTUURDER (KERN- EN STEENVRUGTE)

HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department • Wolseley, South Africa
30+ days ago
Job description

Ons kliënt, ‘n gevestigde kern- en steenvrugte produsent, geleë in Breërivier (tussen Wolseley en Worcester), is op soek na 'n ervare, dinamiese en resultaatgedrewe Plaasbestuurder om die volle produksie van hul kern- en steenvrugteplaas te bestuur. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die beplanning, bestuur en uitvoering van alle produksie-aktiwiteite om optimale opbrengste en vruggehalte te verseker.

VERANTWOORDELIKHEDE

  • Bestuur produktiwiteit & kwaliteit van werkers

  • Volledige bestuur van alle produksie-aktiwiteite op die plaas.

  • Bestuur van besproeiing, bemesting, gewasbeskerming en snoeiprogramme.

  • Monitering van vrugkwaliteit, opbrengste en produktiwiteit.

  • Verseker dat alle voedselveiligheids-, kwaliteit- en veiligheidsvereistes nagekom word.

  • Bestuur van begrotings, insetkoste en hulpbronne.

  • Noue samewerking met die pakstoor om optimale vrugkwaliteit en doeltreffende logistiek te verseker.

  • Organisering en monitoring van werkers, oes, besproeiing, bemesting en stukwerk

  • Rekordhouding van werksaktiwiteite

VEREISTES

  • Minimum 10 jaar bewese ervaring in die bestuur van kern- en/of steenvrugproduksie.

  • Pakstoor-ervaring of -agtergrond sal sterk in jou guns tel.

  • Goeie kennis van moderne boerderypraktyke, besproeiing, bemesting en gewasbeskerming.

  • Sterk leierskap-, kommunikasie- en mensebestuursvaardighede.

  • Geldige bestuurslisensie.

  • Tersiêre opleiding in lanbou sal voordelig wees

  • Akkuraat, tydig, netjies en oplettend

  • Moet bereid wees om naweke en na ure te werk

  • Goeie Administrasie en kommunikasie vaardighede in Engels en Afrikaans

  • Meganiese kennis sal in u guns tel

AANSOEK SLUITINGSDATUM: 9 AUGUSTUS 2026

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013.

Create a job alert for this search

PLAASBESTUURDER (KERN- EN STEENVRUGTE) • Wolseley, South Africa