Talent.com
HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department
FRONT OF HOUSE & ADMINISTRATIEWE BESTUURDER Ceres KarooHR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department • Ceres, South Africa
FRONT OF HOUSE & ADMINISTRATIEWE BESTUURDER Ceres Karoo

FRONT OF HOUSE & ADMINISTRATIEWE BESTUURDER Ceres Karoo

HR Management & Support Services (Pty) Ltd t/a The HR Department • Ceres, South Africa
30+ days ago
Job description

FRONT OF HOUSE & ADMINISTRATIEWE BESTUURDER

Ceres Karoo

’n Gasteplaas, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n professionele, vriendelike en betroubare persoon/egpaar om deel te word van die bestuurspan. Die kandidaat sal verantwoordelik wees daaglikse gaste-ervaring, besprekings, administrasie, huishouding en algemene lodge-, selfsorg- eenhede- en kampterrein-bedrywighede. Hierdie persoon sal die eerste kontakpunt vir gaste wees en moet verseker dat elke gas vanaf die aanvanklike navraag en bespreking tot met vertrek ’n professionele en aangename ervaring geniet.

SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE

  • Bestuur van besprekings, navrae en alle gastekommunikasie.

  • Koördinering van inklok-, uitklok- en opvolgprosesse.

  • Verseker van uitstekende kliëntediens en gaste-ervaring.

  • Daaglikse toesig oor huishoudelike personeel.

  • Beplanning en bestuur van skoonmaakprogramme.

  • Opstel van personeelroosters, verlof- en R&R-skedules.

  • Opleiding, leiding en toesig van personeel.

  • Ontwikkeling en implementering van inspeksie- en kwaliteitsbeheerprosesse.

  • Bestuur van linne, skoonmaakmiddels en verbruiksgoedere.

  • Gereelde inspeksie van lodge-, selfsorg- en gemeenskaplike fasiliteite.

  • Identifisering en rapportering van instandhoudingsbehoeftes.

  • Effektiewe kommunikasie tussen ontvangs, kombuis, huishouding, instandhouding en bestuur.

  • Algemene administrasie, rekordhouding en verslagdoening.

  • Verseker dat die lodge-, selfsorg- en gemeenskaplike fasiliteite deurgaans netjies, professioneel en gasgereed is.

VEREISTES

  • Uitstekende mense- en kommunikasie-vaardighede het.

  • Sterk administratiewe, rekenaar en organisatoriese vermoëns het.

  • Goeie aandag aan detail het.

  • Kliëntediens en gasvryheid eerste stel.

  • 3 Jaar ervaring in lodge-, hotel-, gastehuis- of gasvryheidsbestuur het.

  • Têrsiere opleiding in gasvryheid of hotelbestuur sal in u voordeel tel

  • Onder druk kan werk en verskeie take gelyktydig kan hanteer.

  • Eie vervoer

  • Bereid is om op ’n afgeleë plaasomgewing te woon en permanent teenwoordig te wees.

EKSTRA INLIGTING

  • Permanente verblyf op die plaas word vereis. ±130km vanaf Ceres

  • Bestuurs-paar/egpaar: Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir ’n egpaar om die twee poste gesamentlik te vervul – een met fokus op Gaste-ervaring & Administrasie en die ander op Instandhouding & Operasionele bestuur.

  • Individuele aansoeke vir enige van die twee poste is welkom

AANSOEK SLUITINGSDATUM: 6 SEPTEMBER 2026

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

Werwings-prosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013.

Create a job alert for this search

FRONT OF HOUSE & ADMINISTRATIEWE BESTUURDER Ceres Karoo • Ceres, South Africa

Similar jobs

SALES ADMINISTRATOR - MONTAGUE GARDENS

Red Cat RecruitmentWorcester, ZA

RedCat Recruitment is urgently seeking an experienced SALES ADMINISTRATOR for a well-established, national concern, based in the Montague Gardens area, Cape Town.Person must preferably be able to s... Show more

 • Promoted

Service Sales Executive

EmplyfyWorcester, WC, ZA

We’re looking for an ambitious.Our customers are already looking for cleaning services — your job is to understand what they need, present the right solution and turn the enquiry into a booking.You... Show more