Posbenaming: Business Developer
Ligging: Centurion, Gauteng
Werksomgewing: Kantoor-gebaseer (On-site)
Vlak: 2 jaar ondervinding
Salaris: R15 000 basiese salaris per maand + kommissie
Ouderdom: 25 - 35 jaar
Oorsig
’n Gevestigde IT-dienstemaatskappy is op soek na ’n dinamiese, selfgemotiveerde en kreatiewe Business Development / Sales Representative om nuwe besigheidsgeleenthede te identifiseer en die maatskappy se kliëntebasis uit te brei.
Die suksesvolle kandidaat sal hoofsaaklik fokus op lead generation, prospektering, kliënte-opvolg en die bespreking van gekwalifiseerde vergaderings met potensiële kliënte.
Hierdie is nie ’n tradisionele call centre-pos nie. Die fokus is op kwaliteit leads, goeie navorsing en professionele kommunikasie met besigheidseienaars, bestuurders en besluitnemers.
Die ideale kandidaat moet iemand wees wat inisiatief neem, selfstandig kan werk en nie wag om aangesê te word wat om volgende te doen nie. Kreatiwiteit, goeie IT-kennis en ’n natuurlike belangstelling in tegnologie sal sterk voordele wees.
Sleutelverantwoordelikhede
1. Lead Generation & Besigheidsontwikkeling
- Identifiseer nuwe potensiële kliënte en besigheidsgeleenthede
- Doen navorsing oor teikenmaatskappye en identifiseer die korrekte besluitnemers
- Genereer nuwe leads deur telefoon, e-pos, LinkedIn en ander platforms
- Ontwikkel en handhaaf ’n sterk potensiële kliëntepyplyn
- Volg leads konsekwent op totdat ’n gekwalifiseerde gesprek of vergadering verkry word
2. Kliënte & Vergaderings
- Kontak potensiële kliënte professioneel
- Kommunikeer met besigheidseienaars, direkteure en senior bestuur
- Identifiseer kliënte se behoeftes en bepaal of hulle ’n geskikte potensiële kliënt is
- Bespreek en koördineer vergaderings met potensiële kliënte
- Bestuur die administrasie rondom vergaderings en opvolgaksies
- Verseker dat alle vergaderings en opvolgaktiwiteite korrek aangeteken word
3. Administrasie & Rekordhouding
- Hou prospect- en kliëntdatabasisse akkuraat en op datum
- Teken oproepe, e-posse, LinkedIn-kommunikasie en opvolgaksies aan
- Berei daaglikse en weeklikse beplanningslyste voor
- Handhaaf akkurate rekords van leads, afsprake en verkoopsgeleenthede
- Ondersteun algemene verkoops- en bemarkingsadministrasie
4. IT & Tegnologie
- Basiese begrip van IT-terminologie en algemene IT-dienste
- Goeie kennis van algemene IT-terme, webwerwe en tegnologieplatforms sal voordelig wees
- Vermoë om vinnig nuwe tegniese konsepte aan te leer
- Blootstelling aan Microsoft 365 sal voordelig wees
- Kennis of ervaring met AI-tools soos Claude en ander AI-platforms sal ’n sterk voordeel wees
- Gebruik tegnologie en AI kreatief om produktiwiteit en lead generation te verbeter
5. Sosiale Media & Bemarking
- Help met die skep en plasing van kreatiewe inhoud op sosiale media
- Identifiseer geleenthede om die maatskappy se aanlyn teenwoordigheid te verbeter
- Skep interessante en professionele posts vir platforms soos LinkedIn en Facebook
- Gebruik kreatiwiteit om potensiële kliënte se aandag te trek
- Ondersteun algemene bemarkings- en promosie-aktiwiteite
Minimum Vereistes
- Matriek / Graad 12
- Minimum 2 jaar ondervinding in:
- Verkope
- Besigheidsontwikkeling
- Televerkope
- Bemarking
- Kliënteverhoudinge
- Of soortgelyke rol
- Vlot in Afrikaans en Engels, gesproke en geskryf
- Goeie telefoon- en e-poskommunikasie
- Sterk administratiewe vaardighede
- Goeie rekenaarvaardighede
- Betroubare vervoer om daagliks kantoor toe te kom
- Moet bereid wees om voltyds on-site te werk
- Sterk IT-kennis en begrip van tegnologie-terme sal baie voordelig wees
Kwalifikasie – Voordelig
’n Diploma of graad in:
- Verkope
- Bemarking
- Besigheidsbestuur
- Kommunikasie
- Of ’n verwante veld
sal sterk voordelig wees.
Sleutelvaardighede
- Sterk lead generation vaardighede
- Uitstekende kommunikasievaardighede
- Selfversekerd oor die telefoon
- Sterk opvolgvermoë
- Goeie administratiewe vermoë
- Kreatiewe denke
- Goeie IT- en tegnologiekennis
- Sterk organisatoriese vaardighede
- Microsoft 365 vaardighede
- Vermoë om AI-tools effektief te gebruik
- Goeie sosiale media vaardighede
- Sterk probleemoplossingsvermoë
Persoonlike Eienskappe
- Neem sterk inisiatief en eienaarskap van werk
- Selfgemotiveerd en energiek
- Ambisieus en resultaatgedrewe
- Kreatief en dink buite die boks
- Professioneel en goed versorg
- Betroubaar en verantwoordelik
- Goeie mensevaardighede
- Nie bang vir verwerping nie
- Volhardend met opvolg
- Kan onafhanklik werk
- Werk goed binne ’n span
- Leergierig en tegnologie-georiënteerd