Talent.com
Pro-Match Recruitment
New Business DeveloperPro-Match Recruitment • Centurion, Gauteng, ZA
Search for other jobs
New Business Developer

New Business Developer

Pro-Match Recruitment • Centurion, Gauteng, ZA
21 days ago
Job description

Sleutelverantwoordelikhede

1. Lead Generation & Besigheidsontwikkeling

  • Identifiseer nuwe potensiële kliënte en besigheidsgeleenthede
  • Doen navorsing oor teikenmaatskappye en identifiseer die korrekte besluitnemers
  • Genereer nuwe leads deur telefoon, e-pos, LinkedIn en ander platforms
  • Ontwikkel en handhaaf 'n sterk potensiële kliëntepyplyn
  • Volg leads konsekwent op totdat 'n gekwalifiseerde gesprek of vergadering verkry word

2. Kliënte & Vergaderings

  • Kontak potensiële kliënte professioneel
  • Kommunikeer met besigheidseienaars, direkteure en senior bestuur
  • Identifiseer kliënte se behoeftes en bepaal of hulle 'n geskikte potensiële kliënt is
  • Bespreek en koördineer vergaderings met potensiële kliënte
  • Bestuur die administrasie rondom vergaderings en opvolgaksies
  • Verseker dat alle vergaderings en opvolgaktiwiteite korrek aangeteken word

3. Administrasie & Rekordhouding

  • Hou prospect- en kliëntdatabasisse akkuraat en op datum
  • Teken oproepe, e-posse, LinkedIn-kommunikasie en opvolgaksies aan
  • Berei daaglikse en weeklikse beplanningslyste voor
  • Handhaaf akkurate rekords van leads, afsprake en verkoopsgeleenthede
  • Ondersteun algemene verkoops- en bemarkingsadministrasie

4. IT & Tegnologie

  • Basiese begrip van IT-terminologie en algemene IT-dienste
  • Goeie kennis van algemene IT-terme, webwerwe en tegnologieplatforms sal voordelig wees
  • Vermoë om vinnig nuwe tegniese konsepte aan te leer
  • Blootstelling aan Microsoft 365 sal voordelig wees
  • Kennis of ervaring met AI-tools soos Claude en ander AI-platforms sal 'n sterk voordeel wees
  • Gebruik tegnologie en AI kreatief om produktiwiteit en lead generation te verbeter

5. Sosiale Media & Bemarking

  • Help met die skep en plasing van kreatiewe inhoud op sosiale media
  • Identifiseer geleenthede om die maatskappy se aanlyn teenwoordigheid te verbeter
  • Skep interessante en professionele posts vir platforms soos LinkedIn en Facebook
  • Gebruik kreatiwiteit om potensiële kliënte se aandag te trek
  • Ondersteun algemene bemarkings- en promosie-aktiwiteite

Minimum Vereistes

  • Matriek / Graad 12
  • Minimum 2 jaar ondervinding in:
    • Verkope
    • Besigheidsontwikkeling
    • Televerkope
    • Bemarking
    • Kliënteverhoudinge
    • Of soortgelyke rol
  • Vlot in Afrikaans en Engels, gesproke en geskryf
  • Goeie telefoon- en e-poskommunasie
  • Sterk administratiewe vaardighede
  • Goeie rekenaarvaardighede
  • Betroubare vervoer om daagliks kantoor toe te kom
  • Moet bereid wees om voltyds on-site te werk
  • Sterk IT-kennis en begrip van tegnologie-terme sal baie voordelig wees

Kwalifikasie - Voordelig

'"n Diploma of graad in:"

  • Verkope
  • Bemarking
  • Besigheidsbestuur
  • Kommunikasie
  • Of 'n verwante veld

sal sterk voordelig wees.

Sleutelvaardighede

  • Sterk lead generation vaardighede
  • Uitstekende kommunikasievaardighede
  • Selfversekerd oor die telefoon
  • Sterk opvolgvermoë
  • Goeie administratiewe vermoë
  • Kreatiewe denke
  • Goeie IT- en tegnologiekennis
  • Sterk organisatoriese vaardighede
  • Microsoft 365 vaardighede
  • Vermoë om AI-tools effektief te gebruik
  • Goeie sosiale media vaardighede
  • Sterk probleemoplossingsvermoë

Persoonlike Eienskappe

  • Neem sterk inisiatief en eienaarskap van werk
  • Selfgemotiveerd en energiek
  • Ambisieus en resultaatgedrewe
  • Kreatief en dink buite die boks
  • Professioneel en goed versorg
  • Betroubaar en verantwoordelik
  • Goeie mensevaardighede
  • Nie bang vir verwerping nie
  • Volhardend met opvolg
  • Kan onafhanklik werk
  • Werk goed binne 'n span
  • Leergierig en tegnologie-georiënteerd

#J-18808-Ljbffr

Create a job alert for this search

New Business Developer • Centurion, Gauteng, ZA