Talent.com
Pro-Match Recruitment
Senior Rekenmeester / Finansiële BestuurderPro-Match Recruitment • Gauteng, ZA
Search for other jobs
Senior Rekenmeester / Finansiële Bestuurder

Senior Rekenmeester / Finansiële Bestuurder

Pro-Match Recruitment • Gauteng, ZA
21 days ago
Job description

Hoofverantwoordelikhede

Die succesvolle kandidaat sal onder ander verantwoordelik wees vir:


  • Dievolle rekeningkundige funksieoor verskeie maatskappye/entiteite
  • Bestuur en toesig oor ’nfinansiële span van ongeveer 8 personebinne debiteure en krediteure
  • Om te verseker dat debiteure- en krediteurespanne akkuraat, doeltreffend en binne sperdatums funksioneer
  • Aktiewe bestuur vandebiteure, invorderings, agterstallige rekeninge en kredietbeheer
  • Toesig oorkrediteure, verskaffersrekonsiliasies en betalingsprosesse
  • Voorbereiding vanmaandelikse bestuursrekeninge en finansiële verslagdoening
  • Kontantvloeibestuur, vooruitskattings en begrotings
  • Hantering vanintermaatskappytransaksies, -rekeninge en rekonsiliasies
  • Voorraadrekeningkunde, voorraadbeheer en rekonsiliasies
  • Salarisverwerkingen verwante statutêre indienings
  • Hantering vanBTW, LBS/PAYE en ander SAID-verpligtinge en indienings
  • Bestuur vanSAID-navrae en korrespondensie
  • Balansstaat- en bankrekonsiliasies
  • Bestuur en kontrole van diealgemene grootboek
  • Voorbereiding virouditsen skakeling met ouditeure
  • Bestuur vanjaareindprosesseen voorbereiding van ondersteunende skedules
  • Handhawing en verbetering vaninterne finansiële beheermaatreëls
  • Identifisering vanteenstrydighede, finansiële risico’s en aangeleenthede wat bestuur se aandag vereis

Kernvereistes

Die ideale kandidaat sal oor die volgende beskik:


  • Minstens 15 jaar se deeglike rekeningkundige en finansiële ervaring
  • Bewese ervaring in ’n senior finansiële rol met verantwoordelikheid oor dievolledige rekeningkundige funksie
  • Ervaring in ’nvervaardigings-, konstruksie-, boumateriaal- of soortgelyke operasionele omgewingsal sterk voordelig wees
  • Sterk Pastel Evolution-ervaringis noodsaaklik
  • GevorderdeExcel-vaardighede
  • Ervaring in diebestuur van ’n finansiële span, spesifiek binne debiteure en krediteure
  • ’nStabiele werksgeskiedenismetgoeie, kontakbare verwysings

Posligging en beskikbaarheid

  • Die pos iskantoorgebaseerd in Pretoria-Oos
  • Voorkeur sal gegee word aan kandidate watredelik naby aan die area woon
  • Ons kliënt benodig iemand watso gou moontlik beskikbaaris
  • Onmiddellike beskikbaarheidof ’nkort kennisgewingstydperksal voordelig wees

Vergoeding

  • ’n Salarispakket in die omgewing vanR60 000 – R70 000 per maand
  • Finale vergoeding sal afhang vanervaring en algehele geskiktheid vir die rol

#J-18808-Ljbffr

Create a job alert for this search

Senior Rekenmeester / Finansiële Bestuurder • Gauteng, ZA