Talent.com
Werfnet
Principal Agent / Project ManagerWerfnet • Tshwane (Pretoria), Gauteng, ZA
Search for other jobs
Principal Agent / Project Manager

Principal Agent / Project Manager

Werfnet • Tshwane (Pretoria), Gauteng, ZA
14 days ago
Job description

Projekbestuurder / Hoofagent

’n Gevestigde organisasie is op soek na ’n ervare Projekbestuurder / Hoofagent om by hul span aan te sluit.
Die pos is ideaal vir iemand wat tans of voorheen as ’n Projekbestuurder-posisie gewerk het en nou graag die volgende stap wil neem na ’n Hoofagent
Die suksesvolle kandidaat moet 6–9 jaar ondervinding in die konstruksiebedryf hê en ervaring hê met die bestuur van bouprojekte, ontwikkelings en landgoedere.
Dit is ’n senior posisie waar die persoon tussen die kontrakteurs en bestuur sal werk. Die persoon moet weet hoe om bouprojekte te bestuur en moet praktiese ervaring hê met projekte wat werklik gebou en voltooi is.

Belangrikste Verantwoordelikhede

  • Bestuur bouprojekte van die beplanning tot voltooiing.
  • Werk direk met kontrakteurs, konsultante en bestuur.
  • Koördineer die verskillende kontrakteurs en spanne op die projek.
  • Hou toesig oor die vordering van konstruksiewerk.
  • Stel projekprogramme en skedules op.
  • Gebruik Microsoft Project vir projekbeplanning en skedulering.
  • Hou die projek se vordering en sperdatums dop.
  • Besoek boupersele en monitor die werk wat gedoen word.
  • Identifiseer probleme, vertragings en risiko’s.
  • Help om probleme vinnig op te los.
  • Hou projekvergaderings en kommunikeer met alle betrokke partye.
  • Gee gereelde terugvoer aan bestuur oor die vordering van projekte.
  • Verseker dat projekte betyds en volgens die vereiste standaard voltooi word.

Minimum Vereistes

  • 6–9 jaar ondervinding in die konstruksiebedryf.
  • Vorige ondervinding as ’n Hoofagent / Principal Agent.
  • Persoon moet graag wil groei van Hoofagent na Projekbestuurder.
  • Geregistreer by PNP of SACQSP.
  • ’n Ingenieursgraad of BTech.
  • Ondervinding met bouprojekte.
  • Ondervinding met landgoedere, ontwikkelings en groter bouprojekte.
  • Praktiese konstruksie-ondervinding en ’n bewese rekord van projekte wat gebou en voltooi is.
  • Goeie kennis van kontrakteurs en die konstruksieproses.
  • Goeie kennis van Microsoft Office.
  • Ondervinding met Microsoft Project, projekprogramme en skedulering.

Die Ideale Kandidaat

Die ideale kandidaat sal ’n ervare Hoofagent wees wat gereed is om die volgende stap in hul loopbaan na Projekbestuur te neem.
Die persoon moet praktiese kennis van konstruksie hê en moet verstaan hoe om ’n projek van die begin tot die einde te bestuur.
Dit is nie ’n Kontrakbestuurder-posisie nie. Die persoon sal op ’n senior vlak tussen die kontrakteurs en bestuur werk en verantwoordelik wees vir die koördinering, beplanning en suksesvolle voltooiing van projekte.

Create a job alert for this search

Principal Agent / Project Manager • Tshwane (Pretoria), Gauteng, ZA