Talent.com
Ligpos (Pty) Ltd
Junior Veld TegnikusLigpos (Pty) Ltd • Gauteng, ZA
Search for other jobs
Junior Veld Tegnikus

Junior Veld Tegnikus

Ligpos (Pty) Ltd • Gauteng, ZA
13 days ago
Job description

Posbenaming: Junior Veld Tegnikus

Arbeidsveld: Kommunikasie

Kort Posbeskrywing:

Ons is op soek na 'n Junior Veld Tegnikus wat verantwoordelik sal wees vir die installering by nuwe kliënte en instandhouding by bestaande kliënte. Die pos vereis dat die kandidaat torings kan klim en nou saamwerk onder die leiding van 'n Senior Tegnikus. Bereidwilligheid om oortyd te werk is nodig, sowel as die hantering van vlak 1 kliëntediens in ons kantoor.

Kritiese Vereestes:

  • Ouderdom: 18-25
  • Eie vervoer met 'n wettige lisensie
  • Afrikaans- en Engelssprekend
  • Sterk interpersoonlike vaardighede en spanwerk
  • Rekenaargeletterdheid
  • Goeie gesondheid, sober gewoontes, en algemene handvaardigheid soos werk op hoogtes
  • Moet in Pretoria-Oos omgewing woon

Spesifieke Aspekte:

  • 'n 3 maande proefperiode, waarna permanente aanstelling moontlik is
  • Werk op verskeie persele.

Indiensnemingsdatum:

  • Dadelik

Werksure en Voorwaardes:

  • Werksdae: Maandag tot Vrydag, 08:00 tot 17:00
  • 1 dag se jaarlikse verlof vir elke 17 gewerkte dae
  • 30 siekverlofdae in 'n 3 jaar siklus
  • 3 dae gesinsverlof per jaar
  • 3 maande proefperiode met maandelikse vergoeding
  • Permanente kontrak in oogna 3 maande

Kennisgewing Tydperk:

  • 1 week indien minder as 6 maande gewerk
  • 2 weke indien meer as 6 maande maar minder as 'n jaar gewerk
  • 4 weke indien langer as 'n jaar gewerk

Voordele en Bevordering:

Die pos bied 'n versekerde moontlikheid van bevordering. Indien jy aan die vereistes voldoen en belangstel in 'n opwindende geleentheid in die kommunikasiesektor, moedig ons jou aan om aansoek te doen.

#J-18808-Ljbffr

Create a job alert for this search

Junior Veld Tegnikus • Gauteng, ZA