Talent.com
Solidariteit Beweging
Sol-Tech | Lektor: Outo-ElektrisiënSolidariteit Beweging • Pretoria, South Africa, South Africa
Search for other jobs
Sol-Tech | Lektor: Outo-Elektrisiën

Sol-Tech | Lektor: Outo-Elektrisiën

Solidariteit Beweging • Pretoria, South Africa, South Africa
2 days ago
Job description

Sol-Tech is ʼn private, Christelike en Afrikaanse beroepsopleidingkollege gebaseer in Monumentpark, Pretoria en het ʼn baie opwindende geleentheid vir ʼn Lektor: Outo-Elektrisiën beskikbaar.

Die doel van hierdie pos is om die beplanning, voorbereiding en aflewering van kurrikulum belynde onderrig en opleiding sessies, assessering en studente administrasie ten einde die implementering van leerprogramme waar te neem deur voorgeskrewe leeruitkomste te bereik. Die posbekleër is verantwoordelik vir die gehalte van onderrig en opleiding in sy of haar aangestelde area van verantwoordelikheid. Insette tot program en assessering ontwikkeling, hersiening en verbetering vorm deel van hierdie verantwoordelikheid.

Posvereistes:

  • Rooiseël as Outo-Elektrisiën
  • ‘n Volledige N3 of NKR vlak 4 ekwivalente kwalifikasie
  • ‘n Minimum van 3 jaar ondervinding in die toepaslike bedryf is ʼn voorvereiste.
  • Die suksesvolle voltooiing van 'n beroepsgerigte onderwys-, opleiding en ontwikkelingspraktisyn (ODETDP) kwalifikasie, asook ʼn rooiseël as Dieselwerktuigkunde sal in die aansoeker se guns tel.
  • ‘n minimum van 2 jaar onderrig en opleiding verkieslik in ʼn tegniese omgewing, asook kennis van Outo-Diagnostiek sisteme (Auto Diagnostics systems) sal ook voordelig vir die aansoeker wees.
  • Toepaslike MS-Office pakket rekenaarvaardighede

Ander Eienskappe en Vaardighede Wat Voordelig Sal Wees:

  • Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
  • Uitstekende interpersoonlike vaardighede
  • Vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal
  • Toewyding aan die bereiking van doelwitte
  • Vermoë om te analiseer en te beplan
  • Entoesiasme, motivering en die bereidwilligheid om te leer

Indien jy aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel om aansoek te doen voor of op 26 Oktober 2026.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.


Create a job alert for this search

Sol-Tech | Lektor: Outo-Elektrisiën • Pretoria, South Africa, South Africa