Posbenaming: Verkoopsverteenwoordiger
Ligging: Pretoria Noord (Onderstepoort) met gereelde reis na Noordwes
Werksomgewing: Kantoor en veldgebaseer
Baie Kompeterende Kommissie Struktuur
Oorsig
’n Groeiende industriële omgewing is op soek na ’n energieke en resultaatgedrewe Verkoopsverteenwoordiger om verkope binne die Noordwes streek te ontwikkel en uit te brei.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuur van bestaande kliënteverhoudings, die ontwikkeling van nuwe besigheid en die uitbreiding van die kliëntebasis binne die mynbedryf sowel as ander industriële sektore. Hierdie rol vereis ’n selfstandige individu wat gemaklik is om te reis, kliënte te besoek en sterk professionele verhoudings te bou.
Sleutelverantwoordelikhede
Besigheidsontwikkeling
- Identifiseer en verkry nuwe kliënte, veral binne die mynbedryf
- Ontwikkel nuwe besigheidsgeleenthede binne bestaande en nuwe markte
- Brei die kliëntebasis uit na nie-mynbou sektore
Kliëntverhoudings
- Bou en handhaaf sterk verhoudings met bestaande kliënte
- Verseker hoë vlakke van kliëntediens deur gereelde opvolg en besoeke
- Hanteer kliënte-navrae professioneel en doeltreffend
Verkope & Strategie
- Beplan en implementeer verkoopsstrategieë
- Bereik en oorskry verkoopsdoelwitte
- Stel professionele kwotasies en voorstelle op
Markanalise & Verslagdoening
- Monitor markneigings en identifiseer nuwe geleenthede
- Verskaf weeklikse terugvoering en verkoopsverslae
- Neem deel aan bestuursvergaderings en strategiese beplanning
Minimum Vereistes
- Minimum 3–5 jaar ondervinding in verkope
- Ondervinding in die mynbedryf of verwante industrieë is noodsaaklik
- Bewese rekord van suksesvolle nuwe besigheidsontwikkeling
- Sterke kommunikasie- en onderhandelingsvaardighede
- Geldige rybewys
- Bereidheid om gereeld binne Noordwes te reis
- Moet in Pretoria woonagtig wees
- Basiese rekenaarvaardighede (MS Office, e-pos, ens.)
Voordelige Ondervinding
- Bestaande netwerk binne die mynbedryf
- Tegniese kennis van industriële of mynprodukte
- Vermoë om onafhanklik en in spanverband te werk
Persoonlike Eienskappe
- Selfgemotiveerd en resultaatgedrewe
- Uitstekende menseverhoudings
- Professionele voorkoms en houding
- Probleemoplossingsvaardighede
- Hoë vlak van integriteit en betroubaarheid
- Energiek en doelgerig
Werksure
- Maandag tot Vrydag: 07:00 – 17:00
- Addisionele ure mag vereis word tydens breakdowns of dringende operasionele behoeftes