Algemene Bestuurder: 5-Ster Boetiekhotel
Ons kliënt, deel van ’n gevestigde groep in die luukse gasvryheidsbedryf, open ’n nuwe 5-ster boetiekhotel in Upington en beskik oor ’n uitstekende loopbaangeleentheid vir ’n ervare, dinamiese en prakties ingestelde kandidaat met uitgebreide ervaring in die luukse gasvryheidsbedryf om leiding te neem met die vestiging, opening en algehele bestuur van hierdie nuwe eiendom.
ALGEMENE BESTUURDER (GENERAL MANAGER) – 5-STER BOETIEKHOTEL
UPINGTON, NOORD-KAAP
Die suksesvolle kandidaat sal ’n sleutelrol speel in die vestiging en suksesvolle bedryf van die hotel, met verantwoordelikheid vir die implementering en handhawing van 5-ster diens- en bedryfstandaarde, die ontwikkeling en leiding van die hotelspan, finansiële en operasionele prestasie en die lewering van ’n uitsonderlike, persoonlike gaste-ervaring.
Vereistes:
- Graad of diploma in Hotelbestuur, Gasvryheidsbestuur of ’n verwante rigting. ’n BTech- of BCom-kwalifikasie sal voordelig wees.
- 8–10 jaar toepaslike ervaring in die gasvryheidsbedryf, waarvan minstens 3–5 jaar in ’n senior bestuursrol binne ’n 4- of 5-ster hotel, boetiekhotel, lodge of soortgelyke luukse gasvryheidsomgewing.
- Bewese ervaring met persoonlike diens en die lewering van unieke gaste-ervarings binne ’n luukse gasvryheidsomgewing.
- Sterk operasionele kennis van Ontvangs en Besprekings, Huishouding, Kos en Drank, Gasteverhoudinge, Instandhouding, Veiligheid en Sekuriteit.
- Sterk finansiële en kommersiële insig, insluitend begrotings, P&L-bestuur, kostebeheer, winsgewendheid, vooruitskattings, ADR, RevPAR en GOP.
- Bewese vermoë om personeel te lei, motiveer en ontwikkel.
- Goeie kennis van toepasbare arbeidswetgewing, insluitend die BCEA en LRA, asook dissiplinêre prosesse.
- Goeie kennis van gesondheids-, veiligheids- en ander relevante gasvryheidsvereistes.
- Ervaring met hotelbestuurstelsels (PMS/POS), aanlyn besprekings- en kanaalbestuurstelsels en OTA-platforms soos Booking.com en Expedia.
- Sterk begrip van besettings-, tarief- en inkomstebestuur.
- Goeie verkoops- en bemarkingsinsig met die vermoë om besetting en inkomste te bevorder.
- Uitstekende mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
- Sterk rekenaarvaardighede, insluitend Microsoft Office en toepaslike hotelbestuurstelsels.
- Geldige Suid-Afrikaanse rybewys.
- Kennis van die Noord-Kaap, plaaslike toerisme en die streek sal voordelig wees.
- Bereidwilligheid om buigsame ure, naweke en openbare vakansiedae te werk soos die bedryf vereis.
- Professionele, goed versorgde en selfversekerde voorkoms, met die vermoë om plaaslike en internasionale gaste professioneel te hanteer.
- Moet kalm onder druk kan funksioneer en gemaklik wees om binne ’n kleiner gemeenskap te werk.
Sleutelverantwoordelikhede:
- Neem algehele verantwoordelikheid vir die vestiging, opening, daaglikse bestuur en operasionele prestasie van die hotel.
- Implementeer en handhaaf 5-ster diens-, gehalte- en bedryfstandaarde regdeur die hotel.
- Bestuur finansiële prestasie, begrotings, inkomste, uitgawes, kostebeheer en winsgewendheid.
- Optimaliseer besettingsvlakke, ADR en RevPAR deur effektiewe tarief-, kanaal- en inkomstebestuur.
- Verseker konsekwente, persoonlike 5-ster diens en ’n uitsonderlike gaste-ervaring.
- Monitor gaste-terugvoer en aanlyn resensies en verseker dat klagtes professioneel en doeltreffend opgelos word.
- Bestuur en handhaaf hoë operasionele standaarde binne Ontvangs, Besprekings, Huishouding, Kos en Drank, Gasteverhoudinge en Eiendomsinstandhouding.
- Lei, motiveer en ontwikkel personeel en bestuur werwing, opleiding, prestasie, dissipline en personeelbehoud.
- Bevorder hotelbesprekings en inkomste deur direkte verkope, aanlyn kanale en verhoudings met toeroperateurs, korporatiewe kliënte en die plaaslike toerismebedryf.
- Verseker voldoening aan toepaslike gesondheids-, veiligheids-, voedselveiligheids-, sekuriteits- en arbeidswetgewing, asook toepaslike graderingsvereistes.
- Bestuur voorraad, verskaffers en aankope effektief en verseker toepaslike kostebeheer.
- Bevorder volhoubare bedryfspraktyke, insluitend verantwoordelike water- en energieverbruik, plaaslike verskaffers en gemeenskapsbetrokkenheid.
- Tree op as ’n sigbare, prakties betrokke leier wat hoë standaarde, aanspreeklikheid en uitstekende diens regdeur die hotel bevorder.
E-pos: recruitment@ovdm.co.za
Verwijsingskode: MNGM
Sluitingsdatum: 19 Oktober 2026
#J-18808-Ljbffr