Talent.com
Werfnet
Persoonlike Assistent | Personal AssistantWerfnet • Tshwane (Pretoria), Gauteng, ZA
Search for other jobs
Persoonlike Assistent | Personal Assistant

Persoonlike Assistent | Personal Assistant

Werfnet • Tshwane (Pretoria), Gauteng, ZA
11 hours ago
Job description

Persoonlike Assistent | Personal Assistant

Salaris: R14 000 CTC - R18 00 CTC (afhangend van ervaring)

Oorsig

’n Groeiende maatskappy in die sportvoedingsbedryf, wat tans besig is om sy handelsmerk te vestig en uit te brei, is op soek na ’n energieke, georganiseerde en betroubare Persoonlike Assistent om die span te ondersteun.
Die ideale kandidaat is iemand wat daarvan hou om betrokke te wees by verskillende aspekte van die besigheid, van administrasie en e-handel tot promosies en geleenthede. Die rol vereis iemand wat georganiseerd kan werk, goeie kommunikasievaardighede het en bereid is om buite die kantooromgewing betrokke te raak wanneer nodig.

Hoofverantwoordelikhede

  • Bywoon en help met promosiedae, bemarkingsgeleenthede en handelsmerkaktiverings
  • Koördineer en handhaaf kommunikasie met promotors en verseker dat alle nodige reëlings betyds getref word
  • Help met die beplanning en organisering van geleenthede, promosies en handelsmerkaktiwiteite
  • Voorberei, verpak en gereedmaak van bestellings vir die e-handelafdeling
  • Rekord hou van bestellings, versendings, voorraad en verwante administrasie
  • Verseker dat kliënte se bestellings korrek verpak en betyds versend word
  • Volg bestellings op om te verseker dat kliënte hul pakkies ontvang
  • Help met algemene administratiewe take en daaglikse kantoorondersteuning

Minimum Vereistes

  • Graad 12 / Matriek
  • Goeie rekenaarvaardighede en kennis van Microsoft Office, veral Outlook, Excel en Word
  • Kennis van SharePoint sal voordelig wees
  • Goeie administratiewe en organisatoriese vaardighede
  • Uitstekende kommunikasievaardighede en die vermoë om professioneel met kliënte, promotors en spanlede te skakel
  • Goeie aandag aan detail en die vermoë om akkuraat te werk
  • Vermoë om take onafhanklik te hanteer en verskeie verantwoordelikhede gelyktydig te bestuur
  • Vorige ervaring in administrasie, e-handel, logistiek, kliëntediens of geleentheidskoördinering sal voordelig wees

Persoonlike Eienskappe

  • Energiek, proaktief en selfgemotiveerd
  • Betroubaar, georganiseerd en verantwoordelik
  • Goeie menseverhoudings- en kommunikasievaardighede
  • Aanpasbaar en bereid om verskillende take aan te pak
  • ’n Spanwerker met ’n positiewe gesindheid
  • Belangstelling in sport, fiksheid en sportvoeding sal voordelig wees

Werksure en Vereistes

  • Maandag tot Vrydag: 08:00–17:00
  • Bereid wees om sekere naweke te werk wanneer promosies, sportgeleenthede of handelsmerkaktiwiteite plaasvind
Create a job alert for this search

Persoonlike Assistent | Personal Assistant • Tshwane (Pretoria), Gauteng, ZA