Talent.com
IINFO
Skoolbemarker en GeleentheidskoördineerderIINFO • Limpopo, ZA
Search for other jobs
Skoolbemarker en Geleentheidskoördineerder

Skoolbemarker en Geleentheidskoördineerder

IINFO • Limpopo, ZA
21 hours ago
Job type
  • Full-time
Job description

DOEL VAN DIE POS

Om die skool se handelsmerk, kultuur en waardes in die gemeenskap te bevorder deur effektiewe bemarkingstrategieë te implementeer, gemeenskapsverhoudings te versterk en skoolfunksies en -geleenthede professioneel te beplan en te koördineer.

VERANTWOORDELIKHEDE

  • Bemarking en openbare betrekkinge
  • Ontwikkel en implementeer bemarkingsplanne wat met die skool se strategiese doelwitte belyn is.
  • Bestuur en bevorder die skool se digitale platforms en tradisionele bemarkingskanale (sosiale media, webwerf en gedrukte media).
  • Ontwikkel en produseer bemarkingsmateriaal (brosjures, baniere, video’s en advertensies).
  • Bevorder die skool se openbare beeld en bou positiewe verhoudings met ouers, borge en die breër gemeenskap.
  • Verteenwoordig die skool by gemeenskapsgeleenthede.
  • Evalueer bemarkingstrategieë en volg bemarkingstendense om die skool se sigbaarheid en bemarkingsdoeltreffendheid te verbeter.
  • Beplan, organiseer en koördineer skoolfunksies en geleenthede, inclusief opedae, sportdae, fondsinsamelings en spesiale skoolgeleenthede.
  • Hanteer die logistieke en praktiese reëlings van funksies, inclusief spyseniering, dekor, toerusting, lokaalvoorbereiding en diensverskaffers.
  • Stel tydlyne, begrotings en aksieplanne vir geleenthede op en verseker die suksesvolle uitvoering daarvan.
  • Koördineer die werksaamhede van betrokke personeel, komitees, ouers en diensverskaffers en delegeer take waar toepaslik.
  • Verseker doeltreffende kommunikasie en samewerking tussen alle betrokke.
  • Neem verantwoordelikheid vir die algemene organisasie, voorbereiding en gladde verloop van geleenthede.

KWALIFIKASIES EN VAARDIGHEDE

  • ‘n Diploma of graad in bemarking, kommunikasie, openbare betrekkinge of geleentheidsbestuur sal as ’n sterk aanbeveling dien.
  • Vorige ondervinding in bemarking en/of die organisering van funksies en geleenthede sal ‘n sterk aanbeveling wees.
  • Vaardigheid in die bestuur van sosialemediaplatforms en die gebruik van grafiese ontwerpsagteware en Microsoft Office.
  • Begrip vir die skoolomgewing.
  • Uitstekende skriftelike en mondelinge kommunikasievaardighede.
  • Geleentheidsbeplanning en -koördinering.
  • Uitstekende organiserings-, beplannings- en tydsbestuursvaardighede.
  • Die vermoë om leiding te neem, take effektief te delegeer en verskeie projekte gelyktydig te bestuur.
  • Kreatiewe denke, inisiatief en goeie probleemoplossingsvaardighede.
  • Sterk interpersoonlike vaardighede en die vermoë om onafhanklik sowel as in spanverband te werk.
  • Bereidwilligheid om, waar nodig, buite normale skoolure by funksies en geleenthede betrokke te wees.

BESOLDIGING EN WERKSURE

  • *n Mededingende salarispakket wat ooreenstem met die kandidaat se ondervinding en die skool se beleid.
  • Normale werksure is van 07:00 tot 15:00. Die aard van die pos kan betrokkenheid by funksies en geleenthede buite normale werksure vereis.

SLUITINGSDATUM

13 November 2026 om 12:00

Indienstredingsdatum

1 Januarie 2027

WE Steenkamp

Skoolhoof

#J-18808-Ljbffr

Create a job alert for this search

Skoolbemarker en Geleentheidskoördineerder • Limpopo, ZA