Aard Van Pos
Albertinia Versorgingsdienste is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland). Aansoeke van Suid-Afrikaanse burgers word vir die onderstaande pos by Albertinia Versorgingsdienste ingewag :
- Skofwerk : Nag : 19 : 00 – 07 : 00 / Dag : 07 : 00 – 19 : 00
Hoof Fokus Areas
Verantwoordelikheid as die skofleier op nagdiensVerpleegsorg aan inwoners.Hoof Verantwoordelikhede
Versorging en verpleging van inwoners.Rekordhouding.Handhawing van higiëne en infeksiebeheer.Oorsig oor en bestuur van versorgers.Vereistes
Registrasie as Ingeskrewe Verpleeg Assistent by die Suid-Afrikaanse Raad vir Verpleegkundiges.Persoonlike indemniteitsversekering.Bereidwilligheid om skofte, oor naweke en op openbare vakansiedae te werk.Die vermoë om in Afrikaans en Engels te kan kommunikeer.Minimum Opvoedkundige Kwalifikasie
Matrieksertifikaat.Sertifikaat of Diploma in Verpleging.Ondervinding
Minstens 2-3 jaar toepaslike ondervinding in verpleging en die versorging van ouer persone.Kennis / Vaardighede
Kennis van die Wet op Verpleging en die Wet op Ouer Persone.Kennis en ervaring in die versorging van ouer persone.Gepaste arbeidsverhoudinge vaardighede.Vermoë om onafhanklik en binne spanverband te kan funksioneer.Vergoeding
Onderhandelbare salaris binne Badisa-riglyne.
Diensvoordele
Werkgewersbydrae tot die pensioenfondsRuim verlofvoordele.Diensaanvaarding
So spoedig moontlik.
Aansoeke
Vereiste dokumentasie : CV en gesertifiseerde afskrifte van ID, kwalifikasies en SARV registrasie.Sluitingsdatum : 7 November 2025.Rig aansoek aan : Die Bestuurder byNavrae : Sr Anka Venter by .#J-18808-Ljbffr