Talent.com
Jobted
Produkspesialis | Product SpecialistJobted • Carletonville, ZA
Search for other jobs
Produkspesialis | Product Specialist

Produkspesialis | Product Specialist

Jobted • Carletonville, ZA
1 day ago
Job description

Job Summary Verantwoordelikhede - Beplanning, koördinering en implementering van seisoenale landbouproewe - Monitering, bestuur en evaluering van verskillende gewas- en variëteitproewe - Ontleding en aanbieding van proefresultate en data aan produkbestuurders en planttelers - Gereelde kommunikasie met verkoopsverteenwoordigers, produsente en kliënte om te verseker dat proewe suksesvol bestuur en betyds geëvalueer word - Toepassing en bestuur van gewasverbouingspraktyke - Ontwikkeling en implementering van verkoops- en produkstrategieë vir verskillende gewasse en variëteite - Opbou en instandhouding van deeglike produk-, gewas- en variëteitkennis - Opleiding en tegniese ondersteuning aan verkoopsverteenwoordigers rakende produkontwikkeling - Verskaffing van tegniese en kommersiële ondersteuning aan verspreiders en sleutelklante - Identifisering en ontwikkeling van nuwe kommersiële geleenthede binne die SADC-markte - Reis na verskillende landbougebiede om produsente, kliënte en verspreiders te ondersteun Vereistes - 'n Tersiêre kwalifikasie in Landbou of 'n verwante studierigting - Goeie kennis van agronomie, gewasverbouing en besproeiing - Goeie skriftelike en mondelinge Engelse kommunikasievaardighede - Geldige bestuurslisensie - Goeie rekenaarvaardighede Persoonlike eienskappe - Selfgemotiveerd en in staat om onafhanklik te werk - Sterk kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede - Goeie beplannings- en tydsbestuursvaardighede - Vermoë om onder druk te werk en spertye na te kom - Buigsaam en bereid om lang en ongereelde werksure te werk wanneer nodig - 'n Sterk spanspeler wat maklik met verskillende departemente en belanghebbendes saamwerk - Bereid om gereeld te reis, insluitend vroeë oggende, laat middae en aande - Bereid om oornagverblyf te gebruik wanneer operasionele vereistes dit noodsaak Voordele en byvoordele - Mediese fondsbydrae, afhangende van die plan, met die maatskappy wat 50% van die bydrae betaal - Pensioenfondsbydrae van 18% wat bykomend voorsien word - 13de tjek - Maatskappyvoertuig word voorsien, met alle voertuigverwante kostes wat deur die maatskappy gedra word

Create a job alert for this search

Produkspesialis | Product Specialist • Carletonville, ZA