Produksiebestuurder : Vrugte Koue-Bokkeveld : Ceres Daar bestaan n opwindende geleentheid op Lindeshof , een van Dutoit Agri se landgoedere geleë in die Koue-Bokkeveld naby Ceres in die Wes-Kaap vir n Produksiebestuurder om die bestuurspan op Lindeshof in die uitvoering en bestuur van vrugteproduksie en gepaardgaande arbeid te versterk. Die posbekleër, n bedrewe vrugtebestuurder, sal aan die Landgoedbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir : Kontrole en toesig oor alle produksieaktiwiteite wat onder meer boordontwikkeling, besproeiing, bemesting en oesbeskerming insluit Bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid Verwante administrasie. Die suksesvolle kandidaat sal oor die volgende beskik : n Toepaslike tersiêre kwalifikasie Minstens 3 jaar goeie ondervinding van die verbouing van kernvrugte op groot skaal Bogemiddelde rekenaarvaardighede Bogemiddelde kommunikasie- en bestuursvaardighede Die vermoë om selfstandig en op eie inisiatief te funksioneer, ondergeskiktes te motiveer en produktiwiteit te verbeter. Toepaslike ondervinding in die verbouing van kersies sal die aansoek versterk. Benewens aangename werkomstandighede bied ons n mededingende vergoedingspakket wat behuising en lidmaatskap tot n aftree- en mediese fonds insluit. Diensaanvaarding sal so gou moontlik, maar verkieslik nie later as 1 November 2025 wees nie. Aansoeke kan aanlyn ingedien word op Dutoit se webwerf : >
About >
Careers >
Latest positions.
Produksiebestuurder • Western Cape, Western Cape, South Africa