Werkswinkelbestuurder Witzenbergvallei : Nooitgedacht Die dienste van n bekwame persoon word benodig vir die bestuur van die werkswinkel op Nooitgedacht , een van Dutoit Agri se landgoedere geleë aan die bokant van Gydopas in die rigting van Koue-Bokkeveld in die Wes-Kaap vir n Werkswinkelbestuurder. Die posbekleër sal direk aan die Landgoedbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir die bestuur van onder meer die meganiese afdeling (landgoedvoertuie en -masjnerie) en instandhouding van alle geboue, waterpomp- en elektriese toerusting. n Toepaslike meganiese kwalifikasie en ondervinding van ten minste vyf jaar in die instandhouding van landboumasjinerie (veral trekkers en spuitpompe) is n vereiste, terwyl kennis en vaardigheid in die instandhouding van implemente en toerusting die aansoek sal versterk. Hierbenewens beskik die suksesvolle kandidaat oor goeie bestuursvaardighede en die vermoë om op eie inisiatief en dissipline te funksioneer. Benewens aangename werkomstandighede bied ons n mededingende vergoedingspakket wat behuising en lidmaatskap tot n aftree- en mediese fonds insluit. Aansoeke kan aanlyn ingedien word op Dutoit se webwerf : >
About >
Careers >
Latest positions.
Werkswinkelbestuurder • Western Cape, Western Cape, South Africa