BOEKHOUER Strandsorg, Strand Strandsorg (Huis Esperanza en Huis Pam Brink) is n program van Badisa, n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland). Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag. Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Bestuur verslag doen en verantwoordelik wees vir die volgende : Gerekenariseerde boekhouding tot proefbalans Maandelikse opstel van finansiële state Opstel van begrotings Finansiële administrasie (losies, subsidies en rekeninge) Salaris administrasie en statutêre opgawes Betaalpunt vir inwonerpensioene Administratiewe- en sekretariële pligte Kandidate moet oor goeie menseverhoudinge en goed ontwikkelde syferkundige en rekenaarvaardighede beskik. Akkuraatheid en die vermoë om teen hoë tempo te funksioneer, tesame met kennis van Xero en VIP, word vereis. Ons bied n onderhandelbare salaris, aangevul deur n mediese en aftreeskema, asook ruim verlofvoordele. Rig n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 24 Oktober 2025 aan : Die Direkteur : Menslike Hulpbronne, epos :
Boekhouer • Western Cape, Western Cape, South Africa